22 September 06:23
Kaapstad Verander Area

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 32km/h

Rainfall 0

Humidity 75%

Saterdag

19°C / 10°C

Wind 21km/h

Rainfall 0

Humidity 54%

Sondag

19°C / 10°C

Wind 26km/h

Rainfall 0

Humidity 64%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 29km/h

Rainfall 6mm

Humidity 73%

Dinsdag

14°C / 10°C

Wind 21km/h

Rainfall 5mm

Humidity 66%

Woensdag

16°C / 11°C

Wind 33km/h

Rainfall 0mm

Humidity 64%

FOTOGRAFIE
5 watergate vir wen-wildfoto's


Jy wil graag die kameelperde met hulle lang bene afneem waar hulle diep buig om water te drink, maar jy weet nie by watter watergat om te gaan wag nie. Vyf lensmeesters vertel jou waar.


1. Masumadam, Hwange- nasionale park (Zimbabwe)

Fotograaf: James Gifford


Hier is verskeie watergate in die park, maar min van hulle is so skouspelagtig soos Masuma, wat in die droë seisoen duisende olifante, buffels, vlaktewild én nagdiere lok. Hier is kampplek by die skuiling. Sodra die son sak, draai die ander toeriste terug en jy en jou mense bly hier agter tussen al die blink oë in die nag. Bespreek vooraf, want die skuiling is gewild.

Kontak: 0800 3222 347 (tolvry); www.zimparks.org

James Gifford



2. Craig Lockhart-watergat, Kgalagadi- oorgrenspark

Foto: Morkel Erasmus



Soos by enige watergat kan dinge maar stil wees, maar ’n roofdier kan enige tyd oor die rooi duine of in die Auobrivierloop aangeslenter kom. Selfs ná goeie reëns is die gras nie te welig in hierdie deel van die Kgalagadi nie. Ek het al jagluiperds, leeus en roofvoëls hier afgeneem.

Kontak: 012 428 9111 (Sanparke); www.sanparks.org

Morkel Erasmus



3. Kwang-watergat, Kgalagadi-oorgrenspark

Foto: Fanus Weldhangen


Hier’s ou kameeldoringbome waaronder jy ure kan kuier terwyl jy wag dat die locals kom keel natmaak. Die gras is gewoonlik kort gevreet en jy sien die diere van ver af aankom. Vroegoggend kom les die roofdiere hulle dors ná ’n aand se gekattemaai. Ná die derde koffie kom die bokke aangedrentel, en skuins ná middagete kom drink die roofvoëls en die aasvoëls kom bad.

Kontak: 012 428 9111 (Sanparke); www.sanparks.org

Fanus Weldhagen



4. Sunsetdam, Krugerwildtuin

Foto: Massimo Da Silva


Hier’s krokodille, seekoeie, sebras, rooibokke, leeus en wildehonde. Ag, elke soort dier in die wildtuin kom maak die een of ander tyd ’n draai. Vroegoggend en laatmiddag sal jy gewoonlik iets interessants sien. Maar omdat dié dam so na aan die Onder-Sabie-ruskamp is, kan dinge nogal bedrywig raak – kom dus ekstra vroeg vir ’n goeie plek.

Kontak: 012 428 9111; www.sanparks.org

Massimo da Silva



5. Masinga-skuiling, Mkuze-wildreservaat, KwaZulu-Natal

Foto: Heinrich van den Berg


Dié skuiling hang bo-oor die water, wat beteken jy kan amper heeldag lank foto’s neem. Soggens kan jy saam met die son van die een kant af neem, en smiddae van die ander kant af teen die son. Dinge raak lekker bedrywig hier; dus kry jy goeie aksiefoto’s.

Kontak: 033 845 1000; www.kznwildlife.com

Heinrich van den Berg


*Hierdie artikel het oorspronklik in Weg #106 (Augustus 2013) verskyn. Ons probeer nuwe inligting bywerk, maar feite en geite kon sedertdien verander het – laat weet gerus as jy so iets raaksien.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters