30 Maart 04:33
Kaapstad Verander Area

Donderdag

22°C / 16°C

Wind 15km/h

Rainfall 0

Humidity 63%

Vrydag

18°C / 15°C

Wind 24km/h

Rainfall 0

Humidity 83%

Saterdag

20°C / 14°C

Wind 26km/h

Rainfall 0

Humidity 70%

Sondag

20°C / 15°C

Wind 19km/h

Rainfall 0

Humidity 75%

Maandag

20°C / 16°C

Wind 16km/h

Rainfall 0

Humidity 79%

Dinsdag

19°C / 16°C

Wind 18km/h

Rainfall 0

Humidity 80%

FOTOGRAFIE
Neem só ’n goeie reisportret

’n Mens wil nie altyd ’n vreemdeling trompop loop en vra om sy/haar foto te neem nie, maar dit kan gedoen word. Die meeste mense gee nie om om afgeneem te word nie. Glimlag net en vra mooi.



Hier is hoe jy dit doen:

1. Wees voorbereid. Maak seker jou toerusting is gereed. Let op jou omstandighede en besluit wat die beste verstellings vir jou kamera is.

Kyk waar jy wil hê die persoon moet staan; en maak seker hoe jy die foto wil neem sodat jy nie rondkarring wanneer die persoon gereed is nie. Gesels met die persoon en stel hom/haar op sy gemak. Komaan, dis nie so moeilik nie.

2. Stel belang. Maak vriende. Wees hoflik en sensitief. Vra vrae. Die persoon sal ontspan en meer vriendelik lyk. Vertel ’n grappie as jy moet!

3. Wees duidelik. Sê vir die persoon wat jy wil hê en of jy meer as een foto gaan neem. Laat die persoon gemaklik voel.

4. Wag vir die regte oomblik. ’n Natuurlike foto is beter as ’n geposeerde een. Wag vir iets om te gebeur: ’n vonkel in die oog, of ’n gebaar... kliek!

Petrus Abrahams is ’n jakkalsjagter op Liebenrust, ’n plaas naby Karasburg in Namibië. Foto: Erns Grundling


5. Vertel ’n storie. Span die omgewing in om ’n storie te vertel. Enigiets wat iets meer oor die persoon vertel – wat byvoorbeeld hulle werk of stokperdjie verklap – sal help.

6. Los die driepoot tuis. Te veel toerusting kan die persoon intimideer.

7. Sagte agtergrondlig is vleiend. Gebruik ’n wye lensopening soos f3.5 of f4 om die agtergrond uit fokus te gooi of om aandag op jou voorwerp te plaas.

8. Lig is belangrik. Natuurlik is vroegoggend en skemer die beste tyd, maar portretfoto’s is dalk nie prakties op dié tye nie. Indien julle binnenshuis is, vra jou voorwerp om nader aan die venster of deur te beweeg waar die lig beter is.

Buite moet jou voorwerp óf heeltemal in die son óf in die skadu wees – spikkels lig maak beligting moeilik.

9. Oë praat. ’n Persoon se oë dra krag en help die kyker om met die persoon in die foto ’n band te vorm. Fokus op die oë en ’n tikkie lig sal hulle laat vonkel.

Trompoppies by die Hantam-vleisfees in Calvinia. Foto: Shelley Christians


10. Probeer nuwe hoeke. ’n Goeie portret hoef nie altyd teen ooghoogte geneem te word nie. Neem ’n hele paar foto’s. Dit geld veral as daar meer as een persoon in die raam is. Iemand se oë is dalk toe of Kleinsus nies.

11. Gooi die taal. As jy oorsee is, help dit baie om iets in die plaaslike taal vir die persoon te sê. Dit sal die ys breek, al lag die persoon vir jou vreemde aksent. Wees ook sensitief ten opsigte van kultuur. Doen ’n bietjie navorsing oor wat aanvaarbaar is en wat nie.

12. Speel met Buks. Wen vertroue deur vriendelik te wees met die persoon se troeteldier.

13. Deel. Wys vir die persoon die foto’s wat jy geneem het. Hy/sy sal dan selfs meer ontspan en jy kan sommer nog foto’s neem. As jy aanbied om ’n foto te stuur, maak seker jy doen dit regtig! Jy wil nie die noodlot tart nie.

14. Betaal of nie? Hierdie is dit groot vraag... Daar is nie juis ’n regte en verkeerde antwoord nie. As jy ’n professionele joernalis is, is die antwoord altyd nee. Besluit hoeveel van die persoon se tyd jy in beslag geneem het en of jy geld uit die foto’s gaan maak. Die vergoeding hoef nie geld te wees nie, maar besluit daaroor voordat jy die foto’s neem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters