22 September 06:21
Kaapstad Verander Area

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 32km/h

Rainfall 0

Humidity 75%

Saterdag

19°C / 10°C

Wind 21km/h

Rainfall 0

Humidity 54%

Sondag

19°C / 10°C

Wind 26km/h

Rainfall 0

Humidity 64%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 29km/h

Rainfall 6mm

Humidity 73%

Dinsdag

14°C / 10°C

Wind 21km/h

Rainfall 5mm

Humidity 66%

Woensdag

16°C / 11°C

Wind 33km/h

Rainfall 0mm

Humidity 64%

Wat’s fout met my foto?

Dis groot pret om foto’s te neem, maar partykeer loop dinge skeef. In hierdie reeks kyk ons na algemene fotografiefoute en hoe om dit te vermy.


Oorbeligting


Ons het die luuksheid van digitale kameras, maar oorbeligting is steeds ’n maklike fout om te maak. ’n Oorbeligte foto is een wat te helder is. Dit gebeur wanneer te veel lug by die kamera instroom. ’n Oorbeligte foto lyk verbleik en die dele met die meeste lig het min detail – soos byvoorbeeld die lug.

Soms lees jou kamera die lig verkeerd, maar dis moeilik om op die skermpie te sien of die foto oorbelig is – veral as dit helder is buite.

Stel dit só reg:


1. Gaan jou ISO na

ISO verwys na hoe sensitief jou kamera se sensor vir lig is. Hoe hoër die ISO is, hoe meer sensitief is die sensor. In dowwe lig gebruik ’n mens byvoorbeeld ’n ISO van 1600, maar die prys wat jy betaal is dat die foto dalk greinterig kan wees.

Wanneer jy in helder lig foto’s neem, en die kans vir oorbeligting dus groot is, is dit altyd beter om die ISO so laag as moontlik te hou. Vir die meeste kameras is dit 100 of selfs 80. ’n Lae ISO verseker helder kleure en die minimum greinterigheid en die kans is baie klein dat jy die foto sal oorbelig.

Selfs al is jou kamera op ’n outo-modus gestel wat self die ISO bepaal, is dit steeds ’n goeie idee om te kyk watter ISO jou kamera gekies het voor jy die knoppie druk. Of nog beter: Begin self met ISO eksperimenteer!

2. Beligtingskompensasie


Hierdie funksie is baie nuttig: Jy kan jou kamera aanpas om ligter (+) of donkerder (-) foto’s te neem, sonder om ander verstellings te verander. Dit hang af van die model, maar vir die meeste hoef jy net die beligtingskompensasieknoppie af te hou en die wieletjie te rol. Jy sal sien hoe die wiser op die ligmeter na die (+)- of (-)-kant van die 0 skuif.

Ek hou daarvan om dieselfde foto met verskillende beligtings te neem: met party wat aspris oorbelig is en ander wat aspris onderbelig is. Dis dikwels moeilik om te oordeel hoe die foto lyk terwyl jy buite is en ek kan dan die foto met beste beligting kies wanneer ek later voor my rekenaar sit, in behoorlike lig.



Hoe het ek dit reggemaak?  

Ek het die beligtingkompensasieknoppie gedruk en die wieletjie tot by een stop laer gedraai (-) en dit het ’n groot verskil aan my foto gemaak. Daar is meer detail op die helder klippe en die fiets en die kleure is meer versadig.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters