29 Mei 00:04
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Rainfall 0

Humidity 56%

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 8km/h

Rainfall 0

Humidity 48%

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 12km/h

Rainfall 0

Humidity 64%

Donderdag

18°C / 14°C

Wind 19km/h

Rainfall 0

Humidity 73%

Vrydag

19°C / 13°C

Wind 14km/h

Rainfall 0

Humidity 66%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 29km/h

Rainfall 0

Humidity 77%

OEPS!
Die silwer “submarine”

Dit was ’n tipiese bosveldoggend in Ellisras, so warm dat net die Mogolrivier ons van die hel kon skei. In dié hitte besluit ek en ’n paar vriende toe om met ons 4x4’s tussen die rivier se sandbanke en waterpoele te gaan baljaar en ’n vleisie te braai. Die roete was maklik: Almal kry mekaar by die ou brug en ry deur die rivier tot by die nuwe brug, waar ons gazebo’s gaan opslaan en die dag geniet.

Met al ons toerusting gelaai en my vrou en twee dogters in die Navara spring ons weg. Almal is by die ontmoetingspunt en in goeie gees. Ons blaas die bande af na die gepaste druk en daar gaan die konvooi. Wie kon nou vra vir ’n beter dag?

Een na die ander ry die voertuie met gemak deur die dik sand en ploeg deur die water, tot daar nog net een laaste waterkruising en ’n sandwal tussen ons en ’n vleisie lê. Die eerste voertuig gaan deur en ek is volgende. Ek vorder halfpad deur die water maar skielik is die sand weg. Daar sit ek nou, of sal ek eerder sê: Daar duik ek!

Die lyn wat ek gery het was ’n halwe meter van die vorige voertuig af en het veroorsaak dat ek in ’n gat beland. Nie een van die ander voertuie kon my uit die gat trek nie, want dit het my bakkie so vas gesuig soos ’n kalf aan sy ma.

Gelukkig woon van die vriendelikste mense in die land in Ellisras, want dit was nie lank nie toe kom ander mense wat ook daar gaan baljaar het om hand by te sit.

Hulle het egter ook naderhand besef dit gaan nie werk nie en een oproep later was ’n vriend met ’n wenas op die toneel. ’n Uur en ’n half later en ek is uit en die vleis is gebraai.

Dit het ’n goeie skoon- en droogmaakproses gekos en die diff- olie moes omgeruil word, maar my bakkie ry nou weer soos ’n nuwe een!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters