25 Julie 16:32
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 16km/h

Rainfall 0

Humidity 60%

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 16km/h

Rainfall 0

Humidity 57%

Vrydag

21°C / 12°C

Wind 30km/h

Rainfall 0

Humidity 49%

Saterdag

17°C / 13°C

Wind 31km/h

Rainfall 1mm

Humidity 66%

Sondag

19°C / 12°C

Wind 15km/h

Rainfall 0

Humidity 59%

Maandag

19°C / 12°C

Wind 9km/h

Rainfall 0

Humidity 59%

VELDFEITE
Is dit ’n nuwe soort jellievis?

ROBERT ERASMUS van Pretoria vra: Ek het hierdie silinderagtige organisme by Barra-strand langs Mosambiek se kus gesien terwyl ons van ’n boot af gehengel het. Dit was sowat nege dae nadat die gebied deur die sikloon getref is. Dit het vorentoe beweeg deur peristalse en binne-in was ’n klein vissie, wat heel gelukkig en tuis gelyk het. Watse ding is dit?


Die seelewekenner GUIDO ZSILAVECZ antwoord: Dis ’n salp of pelagiese manteldier. ’n Manteldier is ’n baie primitiewe soort kordaal – ’n dier met ’n ruggraat. Hulle is dus baie ver langs verwant aan ons! Steellose manteldiere is meer bekend, soos byvoorbeeld rooiaas. 

Die ruggraat is net teenwoordig in die larwe van die salp, dan lyk die buis glo meer soos ’n paddavis. Salpe is dikwels nie ’n individuele dier nie, maar ’n kolonie, wat optree as een dier, soos dié een.

Die organisme pomp met die peristaltiese bewegings water deur die holte om kos te versamel en  te beweeg. Dis heel voordelig vir ’n vis om binne-in te bly – so kry die vis vars water en ekstra beskerming – die salp kan selfs die vis se reuk en vibrasies verbloem. 

Ek het in Nieu-Seeland een gesien wat ’n hele paar meter lank was. Duikers kom soms naby die kus af op hulle, maar hulle kom meestal diepsee voor, want hulle breek maklik teen riwwe. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters