29 Mei 00:07
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Rainfall 0

Humidity 56%

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 8km/h

Rainfall 0

Humidity 48%

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 12km/h

Rainfall 0

Humidity 64%

Donderdag

18°C / 14°C

Wind 19km/h

Rainfall 0

Humidity 73%

Vrydag

19°C / 13°C

Wind 14km/h

Rainfall 0

Humidity 66%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 29km/h

Rainfall 0

Humidity 77%

TOE & NOU: C&N Meisieskool Oranje, Bloemfontein, 110 jaar later


Onder aanvoering van  oud-pres. M.T.  Steyn van die Vrystaat en met behulp van skenkings deur ’n paar Bloemfonteinse weldoeners en Europese regerings is die St.  Andrews-seunskool ná die tweede Anglo-Boereoorlog vir £3 500 gekoop om ’n Afrikaanse meisieskool te stig. 


Danksy ’n ruim finansiële bydrae van koningin Wilhelmina van Nederland (sy het ook bedlinne en messegoed aan die skool geskenk), word die skool na die Huis van Oranje hernoem. 


STEEDS VOORUIT. Die Oranje Meisieskool het in dié gebou begin (deesdae die Le Roux-koshuis). Die huis regs was die appèlregter en digter F.P. (Toon) van den Heever s’n. Op die nou-foto is Hamiltonpark op die voorgrond, en die rooi dakke is die kampus van die hedendaagse Oranje. 



Die meisieskool is op 11 April 1907 geopen met 35 leerlinge, 7 onderwyseresse en Elizabeth le Roux as die eerste skoolhoof (later die ma van die bekroonde Afrikaanse digter Elisabeth Eybers). 

Die gebou se boonste verdieping was die koshuis, met die klaskamers onder. 

In die ronde tuin voor die gebou, die sogenaamde Tiekie, is een van die oudste kinderstandbeelde in die land, dié van ’n Voortrekkermeisie, wat in 1940 onthul is.

Een van die matriekvakke was “Moederkunde”, en Oranje het ná die  oorlog weeskinders tot op die ouderdom van 2 grootgemaak (al die  meisies is Wilhelmina genoem en die seuns Willem).

Pres. Steyn se dogter Gladys was ’n  Oranje-leerling en ook later skoolhoof, en so ook hulle skoondogter, Rey. 

Een keer per jaar stap al die leerlinge na die Vrouemonument waar pres. Steyn en sy vrou, Tibbie, begrawe is om hulle dank te betuig.


Bronne:www.oranjemeisies.co.za en ’n onderhoud met Joan Abrahams, onderwyseres aan die Oranje Meisieskool van 1956-1980.

ONS SOEK JOU KIEKIES.
Het jy ou swart-wit foto’s wat die stories van toeka se toere, gesinsvakansies of avonture vertel? Stuur dit gerus na suzaan.hauman@media24.com


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters