25 Julie 16:34
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 16km/h

Rainfall 0

Humidity 60%

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 16km/h

Rainfall 0

Humidity 57%

Vrydag

21°C / 12°C

Wind 30km/h

Rainfall 0

Humidity 49%

Saterdag

17°C / 13°C

Wind 31km/h

Rainfall 1mm

Humidity 66%

Sondag

19°C / 12°C

Wind 15km/h

Rainfall 0

Humidity 59%

Maandag

19°C / 12°C

Wind 9km/h

Rainfall 0

Humidity 59%

TOE & NOU: Meiringspoort, 159 jaar later


Meiringspoort in die Klein Karoo verbind Klaarstroom in die noorde met De Rust in die suide, oor die indrukwekkende Swartberg. Deesdae kan jy selfs per fiets deur Meiringspoort ry. Hou by die inligtingsentrum stil en gaan kyk na die waterval, 200m van die pad af.


Bron: MEIRINGSPOORT-INLIGTINGSENTRUM


Die pad deur Meiringspoort is amptelik op 3 Maart 1858 geopen. Die ou foto is in ongeveer 1925 geneem. Ons het dié plek gaan soek (dit is by Laastedrif aan Klaarstroom se kant van die poort).


Foto: BUN BOOYENS


Die pad kruis die Grootrivier 25 keer. Soos Langenhoven dit gestel het: “In elke drif is daar ’n draai, en om elke draai is daar ’n drif.” Elk van die driwwe het ’n storie. By Spookdrif is glo ’n bonatuurlike lig “in die vorm van ’n bol vuur” gesien. By Steweldrif het die skoene van Petrus Meiring, na wie die poort genoem is, volgens oorlewering weggespoel, by Witperdedrif het ’n Joodse rabbi glo met sy kar en perde weggespoel, en by Wadrif het ’n aantal waens in die slag gebly. By Ontploffingsdrif het ’n wa vol dinamiet só op die ou grondpad geskud, dat dit ontplof het.


ONS SOEK JOU KIEKIES. Het jy ou swart-wit foto’s wat die stories van toeka se toere, gesinsvakansies of avonture vertel? Stuur dit gerus na suzaan.hauman@media24.com.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters