22 September 06:19
Kaapstad Verander Area

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 32km/h

Rainfall 0

Humidity 75%

Saterdag

19°C / 10°C

Wind 21km/h

Rainfall 0

Humidity 54%

Sondag

19°C / 10°C

Wind 26km/h

Rainfall 0

Humidity 64%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 29km/h

Rainfall 6mm

Humidity 73%

Dinsdag

14°C / 10°C

Wind 21km/h

Rainfall 5mm

Humidity 66%

Woensdag

16°C / 11°C

Wind 33km/h

Rainfall 0mm

Humidity 64%

Vlakvark vreet voël op


ZIES VAN ZYL van Vanderbijlpark skryf: Ons het tussen die Onder-Sabie- en Skukuza-ruskampe in die Krugerwildtuin op dié toneel afgekom. 

Die eerste reëntjie vir die seisoen het die oggend liggies uitgesak. Die voertuig voor ons het per ongeluk ’n tarentaal getref wat langs die pad te lande gekom het. ’n Vlakvark wat aan die groen grassies geknabbel het, stap toe doodluiters nader en rol die voël om met sy snoet. 

Sonder enige waarskuwing trap die vark die tarentaal vas, skeur dit uit mekaar en vreet hom op! Net die groot vlerkvere het oorgebly.

Ek was so oorbluf deur die gedrag dat ek amper vergeet het om foto’s te neem.



Die wildlewekenner L.D. VAN ESSEN antwoord: Vlakvarke word beskou as omnivore en pas hulle dieet aan by wat seisoenaal beskikbaar is.

Somermaande wei hulle hoofsaaklik op verskillende grasspesies. Wintermaande vreet hulle meestal graswortels en bolle. Verder vreet hulle ook vrugte wat van die bome af val, asook bessies en selfs boombas. 

Dit is ook al aangeteken dat vlakvarke aan die mis van herbivore soos renosters en buffels vreet.

Hoewel dit ongewoon is, sal vlakvarke aas. En daar is al aangeteken dat vlakvarke slange doodmaak en vreet. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters