22 September 06:16
Kaapstad Verander Area

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 32km/h

Rainfall 0

Humidity 75%

Saterdag

19°C / 10°C

Wind 21km/h

Rainfall 0

Humidity 54%

Sondag

19°C / 10°C

Wind 26km/h

Rainfall 0

Humidity 64%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 29km/h

Rainfall 6mm

Humidity 73%

Dinsdag

14°C / 10°C

Wind 21km/h

Rainfall 5mm

Humidity 66%

Woensdag

16°C / 11°C

Wind 33km/h

Rainfall 0mm

Humidity 64%

PROMOSIE
22 Lékker fiets- en staproetes in die Breedevallei

Dis net ’n hanetreetjie buite Kaapstad en ’n maklike naweekbestemming vir Kapenaars. Maar die Breedevallei bied soveel opsies vir fietsryers en stappers, jy gaan langer wil bly. 

Die 22 roetes bied iets vir elkeen: van ’n paadjie wat die gesin kan ry sodat kleinsus kan byhou, tot ’n roete wat elk spier in jou lyf gaan toets. Kortom: Jy gaan trap en stap dat dit bárs. 


Worcester

 

* Die Gholfbaan-casino-roete


Die Gholfbaanroete is ontwikkel ter wille van gesinne. Hier is twee sirkelroetes (2,5 en 5 km) waaruit ’n mens kan kies, en jy het nie ’n permit hiervoor nodig nie. Lede van die Worcester Wheelers-fietsryklub ontmoet mekaar op Maandagaande om 17:00 hier op die parkeerterrein. In 2010 en 2011 is dele van die Epic se tydtoets hier afgelê.

Koste: Gratis


* Die Heatlie-plaasroete


Die Heatlie-plaasroete het bekend geword toe dit op TV gewys is as deel van die tydtoets van die Epic in 2010 en 2011. Die plaas het ’n groot verskeidenheid bergpaaie en fietsryers kan hulle eie roete aanmekaarlas. Kyk of jy die windmeul op die heuwel kan bereik sonder om jou fiets te stoot. Die uitsig oor die Brandwachtvallei gaan die trap die moeite werd maak.

Koste: Jy het ’n permit nodig (R20 per dag of R500 vir die jaar) om op die plaas te ry. Koop dit by onderstaande plekke.


* The Willowcreek-roete


Dié roete oor 35 km by Willowcreek, Nuy, is basies die roete wat jaarliks in die Computer Mania-Willowcreek-bergfietsren gevolg word. Fietsryers het ’n permit nodig om hier te ry, en kan dieselfde een gebruik as vir Heatlie-plaas. Koop jou permit by onderstaande plekke of op Willowcreek.


* Die Olyfberg-roete


Lus vir iets heeltemal nuuts? Die Olyfberg-roete word tans nog uitgemerk en gebou, maar dit sal een van die dae gereed wees. Die roete is in die pragtige Eilandia-omgewing geleë, in die heuwels wat die Breederivier omring. Koop jou permit by onderstaande plekke.


* Die Nuy MTB Blue Route


Nuy het in Desember 2015 die eerste van sy bergfietsroetes bekendgestel: ’n Paadjie van 30 km wat deur tipiese Karoo-plantegroei en die koppies van die Nuy-gebied kronkel. Die roete bied pragtige uitsigte oor wingerde en olyfboorde, en jy sal talle wild- en plantspesies langs die pad sien. Die roete is ’n kombinasie van enkelspoor- en dubbelspoorpaaie en ’n pad wat deur die olyfboorde loop.  Fietsryers trek by die heuwel by Nuy en die Nuy on the Hill-restaurant weg, en kruis net die teerpad. As jou bene begin jellie raak, kan jy by die halfpadmerk naby die Willow Creek-olyflandgoed omdraai en na die beginpunt terugkeer. Hier en daar is daar ’n steil heuwel, maar dis baie veilig. Tegnies is daar niks wat gevaarlik of ongewoon is nie. Ervare fietsryers behoort die roete in minder as ’n uur te voltooi, maar beginners moet vir hulleself sowat twee uur gun. 

Aan die einde van die roete is daar stortgeriewe vir fietsryers en plek waar jy jou fiets kan afspoel.  Familie en vriende kan solank by die restaurant Nuy on the Hill wag, of ’n draai by die proelokaal maak. Die restaurant is bekend vir sy pizza en roosterkoek-burger! Permitte teen R20 kan in die proelokaal gekoop word, maar as jy vroeër as 09:00 wil wegspring, kan jy vooraf bespreek by wines@nuywinery.co.za of 023 347 0272.


Nog roetes in en om Worcester: 


Gecko-staproete – Nuy-gastehuis  (023 614 1895)

Karoo Desert National Botanical Garden  (023 347 0785)

WillowCreek-bergfietsroete  (023 342 5793)

• Leipzig Country House  (023 347 8422)


Koop permitte by die volgende plekke:


* Worcester-toerismekantoor

* Manic Cycles in High-street

* Poskantoor

* Drommedaris Superette in Van Riebeeckpark




Rawsonville


* Die Slanghoek-wynkelderroete


Hierdie roete van 13 km is in die pragtige Slanghoekvallei geleë, maar behoort ’n uitdaging vir enige fietsryer te wees. Die enkelspoorpad kronkel tussen die groen wingerde, oor die damwalle, en onder die kranse deur. Jy sal die mooiste fynbos sien. Kom geniet die skoonheid van die Slanghoekvallei. Permitte word by die Slanghoek-wynkelder verkoop.

* Jason’s Hill-staproete


Die Jason’s Hill-staproete is al geruime tyd bekend vir sy pragtige plantegroei en ongelooflike uitsigte oor die vallei, maar onlangs is ’n luiperd en verskeie ander diere ook in die omgewing  gewaar.

Roete: 6,5 km 

Duur: 4 uur

Begin by: Jason’s Hill-proelokaal

Tarief betaalbaar. Minimum twee persone 

Tel: 023 344 3256 | E-pos: info@jasonshill.co.za | Webwerf: www.jasonshill.co.za



Ander roetes in Rawsonville:


Eensgevonden Vineyard Cottages  (023 349 1490)
 
Dwarsberg Trout Hideaway  (023 349 1919)

Kromrivier-staproete  (021 871 1536)
 
ATKV Goudini Spa  (023 349 8100)

Elandsrivier-staproete  (021 871 1536)
 
Rico Suter-landgoed  (023 355 1882)

Breëland-kelder  (023 344 3129)




De Doorns/Touwsrivier

 

* Drie Kuilen-natuurreservaat


Dié reservaat is in die hart van die Klein Karoo en val binne die Montagu-distrik. Die bergagtige streek is bekend vir sy biodiversiteit en sy stap- en fietsroetes wat vinnig toeneem. Drie Kuilen is net 2,5 uur buite Kaapstad en beslaan 4300 hektaar. Pak ook warm klere in, hier val sneeu in die winter.

Die reservaat het geriewe vir dagstappe sowel as langer roetes waarvoor jy moet oornag. En natuurlik ook iets vir fietsryers.

Kyk langs die pad uit vir die sukkulente-plantegroei en die springbokke, elande, swartwildebeeste en die Kaapse bergsebra. Voëlkykliefhebbers sal in hulle noppies wees, want hier is al meer 100 voëlspesies aangeteken. 

Drie Kuilen werk tans saam met stapklubs om die roetes uit te brei, maar een van die gewildstes is die dag lange begeleide geskiedenisroete. Hierop sal jy fossiele in rotsformasies, vergete grafte en klipruïnes verken. Dis ’n heerlike uitstappie vir geskiedenis- en geologie-entoesiaste. 

Die reservaat is ook ’n gewilde bestemming vir bergfietsryers, met paaie wat deur pragtige fynbosgebiede loop en skouspelagtige uitkykpunte bied. 

Slaap sommer oor. Drie Kuilen het verblyfgeriewe wat wissel van ’n gastehuis tot jeugherbergstylverblyf en kan dus gesinne en groter groepe, soos skoolgroepe, huisves. Aktiwiteite kan vir groter groepe aangepas word.  

www.driekuilen.co.za | bookings@driekuilen.co.za | +27 82 416 4804 (Leigh Ann Ferreira)


Ander roetes in De Doorns/Touwsrivier:


Twee Tonnel-bergfietsroete  (083 292 0348)

Botterboom-staproete   (083 292 0348)


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters