25 Julie 16:39
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 16km/h

Rainfall 0

Humidity 60%

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 16km/h

Rainfall 0

Humidity 57%

Vrydag

21°C / 12°C

Wind 30km/h

Rainfall 0

Humidity 49%

Saterdag

17°C / 13°C

Wind 31km/h

Rainfall 1mm

Humidity 66%

Sondag

19°C / 12°C

Wind 15km/h

Rainfall 0

Humidity 59%

Maandag

19°C / 12°C

Wind 9km/h

Rainfall 0

Humidity 59%

PROMOSIE
3 Lekker blyplekke by Chizavane in Mosambiek

Droom jy van ’n vakansie waar jy sambreeldrankies op ’n spierwit strand geniet? Dis dalk makliker binne bereik as wat jy besef. Chizavane is 380 km van die Komatipoort-grens en het 3 verblyf-opsies vir alle sakke.


As jy nog altyd gewonder het hoe die hemel lyk, hoef jy nie te wag tot die hiernamaals roep nie … jy kan maar net die neus van jou voertuig (’n gewone sedan sal ook werk) in die rigting van Xai-Xai in Mosambiek druk, en 380 km vanaf die Lebombogrenspos (Komatipoort) sal jy die hemel sien. 

Chizavane is ’n klein plekkie sowat 40 km Noord van Xai-Xai, en het drie heerlike verblyf-opsies: Nascer do Sol, East Africa Safaris en die Zona Braza Beach Lodge. Jy kan sommer jou skoene uitskop en strandlangs stap – die plekkies is binne 3 km van mekaar af (en 6 km per motor).

En hier sal jy alles kry wat jy nodig het: 2 winkeltjies, 3 restaurante, 2 strandkroeë, ’n putt-putt-baan, boot-uitstappies, plek vir snorkel en hengel … selfs Wifi en selfoonontvangs, as jy regtig móét (maar moenie vir jou baas sê nie).  Die drie oorde bied iets vir elkeen se sak.


1. Nascer Do Sol



As jy wil snorkel of ’n gesinsvriendelike strand wil geniet, mik na Nascer do Sol.

Hier is 14 selfsorg-chalets met slaapplek vir 2, 4, 5 of 6 mense. As jy nie te veel luuksheid soek nie, is daar ook nog 10 houthutjies (“baraccas”) wat onder die bome versprei is. Die hutte het ’n gemeenskaplike lapa en ’n kombuis. Maar hoekom sal jy nou boelie-bief in ’n kombuis staan en berei? Die Nascer Do Sol-restaurant is bekend vir sy seekosgeregte – en dís tog hoekom jy Mosambiek toe gekom het. Vergeet om die tandepasta in te pak? Daar is ’n snoepie waar jy dit nodigste kan aankoop. Die oord het 24 uur krag. 

Hoewel dit ’n gesinsparadys is, is hier ook geriewe vir groter groepe. Wat van ’n romantiese strandtroue, met die onthaal in ’n markiestent by Nascer do Sol? Die konferensiesentrum kan ook 40 mense huisves. 

Webtuiste: www.nascerdosollodge.com




2. Zona Braza Beach Lodge 



Strande, strande en nog strande. Zona Braza is bekend vir sy swemplekke, met lekker rots- en getypoele waarin die hele gesin kan baljaar. En as jy op die regte tyd van die jaar kom kuier (Mei tot November), sal jy selfs die boggelrugwalvis hier raakloop. 

Die restaurant het die mooiste see-uitsig en in die ontspanningskamer kan jy veerpyltjies of biljart speel. 

Hier kan jy tot rus kom. Die lodge het 24 uur-toegangsbeheer en heelnag-sekuriteit. 

Vodacom- en Mcel-kliënte het hier selfoonontvangs. 

Zona Braza het verskeie verblyfopsies. Bespreek A Whale of A Time en bring die skoonmense ook saam (slaapplek vir 8), of herlaai jou batterye in Vitamin Sea (slaapplek vir 4). Hier is ook verskeie opsies vir groepe van 6 of 2. 

Webtuiste: www.zonabraza.com




3. East Africa Safaris



’n Klipgooi van die ander twee oorde kry jy East Africa Safaris, ’n juweel van ’n plek wat op die avonturier gemik is. Die oord is weggesteek tussen duine en mere, en is daarom ’n oase vir kwadfietsryers, voëlkykers, snorkel-liefhebbers en spieshengelaars. Kom gooi jou ankers hier en verken die omgewing – in die wintermaande sal jy selfs die boggelrugwalvis hier sien. 

Hier is selfsorgeenhede te kies en te keur, en groepe van 6 tot 16 kan geakkommodeer word. Familie-saamtrek? Kerkkamp? Die oord het altesaam plek vir 150 mense.

En jy sal gemoedsrus hê: Hier is nie net uitstekende 24 uur-veiligheid nie, maar mediese geriewe is ook byderhand. Met kredietkaartgeriewe, internettoegang en 24 uur-krag, hoef jy oor niks bekommerd te wees nie. Jy kan selfs jou ys, braai-brikette en hengellisensie by ontvangs koop. 

Webtuiste: www.eastafricasafaris.co.za

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters