22 September 06:25
Kaapstad Verander Area

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 32km/h

Rainfall 0

Humidity 75%

Saterdag

19°C / 10°C

Wind 21km/h

Rainfall 0

Humidity 54%

Sondag

19°C / 10°C

Wind 26km/h

Rainfall 0

Humidity 64%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 29km/h

Rainfall 6mm

Humidity 73%

Dinsdag

14°C / 10°C

Wind 21km/h

Rainfall 5mm

Humidity 66%

Woensdag

16°C / 11°C

Wind 33km/h

Rainfall 0mm

Humidity 64%

WEGRY
5 planne teen korrupte beamptes


Ons almal lag dalk om die kampvuur oor daai een ou in die konvooi Mosambiek toe wat beboet is omdat hy met Crocs bestuur het. Maar oorgrenskorrupsie is geen grap nie. Hier is vyf maniere om dit teen te kamp.


Deur: Charles Thompson


Jy’s op die EN1 tussen Maputo en Inhambane. Jy ry 80km/h, want die bordjie lees 80km/h. Die volgende oomblik spring ’n Mosambiekse verkeersbeampte agter ’n palmboom uit, spoedkamera in die hand. Hy blits ’n string Portugese woorde in jou rigting en beduie na die kamera – dié lees 132km/h. Dis nie lank nie of hy wil jou ook nog beboet omdat jy met plakkies bestuur. Maar, sê hy, dié keer nogal in heel verstaanbare Engels, hy sal jou laat gaan as jy die boete dadelik in kontant betaal. 

Dié soort korrupsie is algemeen in Suider-Afrika, maar vind nie net in Mosambiek plaas nie. Ben*, ’n toermaatskappy-eienaar wat al 14 jaar lank toere regoor Suider-Afrika aanbied, sê Mosambiek is beslis “die vrot kol” wat korrupsie betref, en so ook Zimbabwe.

Hier is sy raad om te keer dat jy onder korrupte beamptes ly:


1. Ry in konvooi


Ben meen dit maak ’n groot verskil as jy in konvooi ry. “ ’n Konvooi van 20 mense lyk intimiderend, veral as almal met hulle ligte aan ry. ’n Kansvatter sal jou nie sommer stop met vyf ander voertuie vol ooggetuies agter jou nie.”


2. Ken jou regte


Ben sê ook dis baie belangrik om die reëls en die mense waar jy reis te respekteer en die regte houding te hê, maar te weet wat jou regte is. Zimbabwe het byvoorbeeld ’n jaar of wat gelede nuwe regulasies geïmplementeer wat bepaal ’n summiere boete mag nie meer as $20 wees nie. 

“Ek is nog nooit vir ’n spoedoortreding in die buiteland gevang nie. Behalwe vir die konvooi met ooggetuies ry ek ook 15 km/h minder as die spoedgrens, en ekstra stadig deur dorpe.” 


3. Volg ’n local


Nog ’n goeie idee, sê Ben, is om reg agter ’n plaaslike voertuig, veral ’n groot vragmotor te ry. Dis ’n goeie manier om te verseker geen voetgangers kan voor jou beland nie en die owerhede stop nie maklik ’n swaarvoertuig op die pad nie.


4. Doen jou huiswerk


Jy moet natuurlik ook al die nodige plakkers, glimbaadjie en driehoeke op en in jou voertuig hê. In Mosambiek, sê Ben, gaan die owerhede partykeer selfs die laaste inspeksiedatum van jou brandblusser na.


5. Volg die reëls!

 
Die belangrikste, sê hy, is egter om die reëls te volg, te sorg dat jou voertuig padwaardig is en beleefd op te tree. “Suid-Afrikaners is dikwels hulle eie grootste vyande in die buiteland. Moenie verwag dat jy alkohol kan misbruik of sonder ’n hemp kan rondjaag en nooit probleme optel nie.”


*Ben het gevra dat ons nie sy regte naam gebruik nie aangesien hy gereeld met beamptes by grensposte en in die buiteland moet werk.


Foto: Edwina Cagol

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters