29 Junie 03:54
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 23km/h

Rainfall 0

Humidity 67%

Vrydag

14°C / 12°C

Wind 13km/h

Rainfall 9mm

Humidity 86%

Saterdag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Rainfall 0

Humidity 80%

Sondag

15°C / 11°C

Wind 19km/h

Rainfall 0

Humidity 75%

Maandag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Rainfall 0

Humidity 81%

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 16km/h

Rainfall 0

Humidity 80%

rosendal
Rosendal

As die stadsgedruis te veel raak, wyk vir ’n naweek uit na die Oos-Vrystaat, na die ouwêreldse dorpie Rosendal. Hier is rustigheid die wagwoord en gasvryheid gewaarborg. 7 Doen op en om Rosendal Vir ’n gesinsvriendelike stap-roete met plante en voëls, pak Machiel en Betsie Steynberg se Mosa­maneroete (“plek van die grondeekhoring”). Die roete van 7,5 km, wat al deur ’n 4- én 91-jarige voltooi is, bied pragtige Oos-Vrystaatse natuurtonele wat indruk­wek­kende grotte (Uil se oë), sandsteen-gebergtes (soos Olifant se slurp), ’n paar natuurlike storte (soos Goliat se stort) en ’n feëtjietuin insluit. Jy kan die roete binne ’n dag stap of oorslaap in die kamp met slaapplek vir 18 stappers, asook ablusie- en braaigeriewe en warm wa­ter. Jy kan ook ’n GPS-skattejag doen. Waar? Die afdraai is 5,5 km buite Rosendal op die R70. Koste: R85 p.p.p.n. en R45 p.p. vir dagbesoekers. Kontak: 082 389 2254 of . Die akteur Chris van Niekerk (veral bekend as 7de Laan se Francois) woon al 11 jaar op Rosendal. Hy is aan die stuur van drie aangren­sende plekke: die Ou Handelshuis, die Koffiestoep en die Rosendal-teater. Die Ou Handelshuis verkoop antiekware wat volgens Chris wissel van “Murano-glasprodukte tot rubbish”. Hier kan jy selfs die eerste uitgawe van die Afrikaanse Kinderbybel en ’n ou Ken Mullan-plaat raakloop. Die Koffiestoep bied onder meer lekker boerekos en tuis-gemaakte gemmerbier. En by die Rosendal-teater het kunstenaars soos Amanda Strydom, Anna Davel en Karen Zoid al op die verhogie opgetree. Waar? Op die hoek van Van der Merwe- en Hertzogstraat. Kontak: 058 211 0902 “Dit is die enigste plek waar ek van my kwaad kan vergeet,” sê die kerk se koster, tannie Flippie Swanepoel, terwyl sy haar visgereedskap deursoek. “En dit is heerlike sports.” Hengelkompetisies hier by die Rietvlei-plaasdam buite die dorp is een van die hoogtepunte op Rosendal se kalender. Daar was selfs verlede jaar ’n hengelkompetisie “vir enkel-lopende vroue”, wat in die doodsnikke deur die 83-jarige Mimi Bortolutti gewen is.Besoekers aan die dorp kan ook deelneem, of jy kan op jou eie kom lyn natmaak en dalk ’n karp of twee inkatrol. Stywe lyne!

Waar? Op die plaas Rietvlei, 1 km buite die dorp. Koste: Gratis (laat weet net vir Gerald Botha, die boer) Kontak: 082 899 2866 Die kunstenaars Michelle Nigrini en Dahla Hulme se Meerkatko­lo­nie is ’n kunsgalery-en-spazawin-kel, maar ook ’n gewilde kuierplek. Veral Michelle is mal oor spele-tjies en binne ’n oog­wink speel besoekers saam “boule” (Franse rolbal) op die grondpad voor die Meerkat­kolonie. Michelle put die inspirasie vir haar energieke en kleurryke landskapskilde­rye uit die Rosendal-omge­wing. Dahla skep interessan­te nuwe strukture uit ou hout, beendere en skroot. Hulle bied ook skeppen­de en korporatiewe werkses­sies aan. In die spazawin­kel kan jy van Jose-phine Tumisi (van Mautse) se eie-soortige plaaspoppies koop. Waar? In Hertzogstraat, reg langs Chris van Niekerk se winkel. Kontak: 082 423 1970 Soggens om sesuur al (behalwe Sondae) is Irma Hefer by die Rosendal-slaghuis-en-bakkery hard aan die werk om die dag se sowat 200 brode en broodrolletjies te bak. Teen nege-uur kan jy haar winkel besoek en heerlike vars brood koop. “Rondom Kersfees maak ons ook koekies van gem­mer, klapper en hawermout. Dit is omtrent ’n mengel­moes,” vertel Irma, wat “nog altyd in kafees groot-ge­word het”.Sy is al 22 jaar agter die toonbank van verskeie win­kels. “Ek ken al die mense op hierdie dorp se geite,” lag sy. Maar hier kan jy letterlik nie kla met die witbrood onder die arm nie. Waar? As jy by die dorpie indraai (Generaal Fickstraat), is dit die eerste winkel aan die linkerkant. Koste: R6 vir ’n bruinbrood, R7 vir ’n witbrood. Kontak: 076 588 3170 Jaco van der Merwe boer sowat 6 km buite Rosendal en bied al die afgelope twee jaar begeleide perderitte na bestemmings soos Kepskop, Waterval en Swartkrans (op 2 342 m die naashoogste piek in die Oos-Vrystaat).“Die roetes is só uitgelê dat ’n meer ervare ruiter plek-plek lekker kan galop. Maar dis ookgemik op mense wat nog nooit perdgery het nie,” vertel Jaco. Hy bied die perderitte op Sater-dae en Sondae – vroegoggend of in die agtermiddag – aan. Ek het die eerste keer hier heerlik gery op Hertzog, ’n rustige, byna volbloed- Arabiese perd. Jy kan ook hier ver-skeie perfek gevormde fossiele in die sandsteen bewonder. Waar? Bel vir Jaco en ontmoet hom op die stoep van The Rosendal. Koste: R150 p.p. vir ’n rit van 2 uur; R250 p.p. vir 3 uur; R350 p.p. vir 5 uur. Ritte sluit verversings in. R150 p.p. as jy jou eie perd bring. Kontak: 072 591 2348 Sandra Lemmer het ’n erf in drie winkels omskep wat jou lank kan besig hou. Turksvy Trading bied ’n verskeidenheid antiekware, waaronder Afrikaanse plate, boeke, Voortrekker-aandenkings, eetgerei en die tydlose “Wat is ’n huis sonder ’n ma?”-borduurwerk. By die emaljewinkel is skaars kombuisware en by Suzani is Sandra se versameling Suzani-borduurwerk, wat sy invoer van Oezbekistan en Tadjikistan af. “Hierdie is my kinders,” sê Sandra terwyl sy vir my ’n Suzanilap van ouer as 120 jaar wys. Die pryse wissel van R1 000 tot sowat R80 000 vir skaars versamellappe. Waar? Reg onder die kerk, op die hoek van Kriek- en Kerkstraat. Kontak: 082 371 2137;  . The Rosendal Country Retreat. Ook bekend as “die hotel”. Dié voormalige kaasfabriek se groot stoep, met ’n pragtige uitsig op Skurwekop en die Witteber­ge, is deesdae dié kuierplek vir inwoners en besoekers. 078 801 9460;  Skoppelmaai-galery. Die kunstenaar Willem Pretorius sit sommer self en skilder in sy sandsteenkunsgalery. “Ek het dié dorp al moeg geskilder,” skerts hy.076 1525 460 Mosaïek-studio. Zaria de Villiers het haar huis in ’n mosaïek-kuns-werk omskep. 082 725 2080; zaria@telkomsa.net. Studio Ben. André Loots, Zaria de Villiers en Helena van der Merwe se weef- en verwante tekstielprodukte. André maak ook seep, handeroom en badsout. 082 576 5273 Huur ’n fiets. Huur ’n fiets (sommer by Studio Ben) en verken Rosendal se grondpaaie. 082 576 5273 Kwekery. Maretha Dete­ring van die plaas Steinhaus buite Rosendal het die enigste kwekery in die omgewing. 058 211 0831 Boereoorlog-medaljes. Vra vir Henk Loots by Studio Ben om vir jou sy versameling Boereoorlog-medaljes wys. 082 576 5273 The Black Anvil. Simon Streicher maak en verkoop messe vir Afrika: jagmesse, bottermesse, knipmesse en vele meer. 084 603 1538 Waar eet ek? Koffiestoep. Hier kan jy boerekos eet en agteroorsit met ’n koppie tee of koffie. 058 211 0902 Die Rosendal Country Retreat. Van Heerden Haasbroek is ’n bobaas-sjef en bied drie keer per dag etes. Dagbesoekers is welkom. 078 801 9460 Waar kan ek bly? Die Rosendal Country Retreat. Ek het heerlik gebly in hierdie gastehuis met sy eg plattelandse gasvryheid. 078 801 9460; Ingelsby’s B&B. Ook met self-sorgeenhede. Dié is die oudste gastehuis op Rosendal en ’n prag-tige sandsteenhuis. 058 211 0753 Meerkat-kuierhuis. Michelle Nigrini se gerieflike selfsorg-eenheid. 082 423 1970Der Kotten. Selfsorgeen­heid in ’n sandsteenhuisie. 082 779 1694 Wat gebeur deur die jaar? Boeremark. Elke eerste Saterdag van die maand, van 8 vm. tot 1 nm. op die Landbouvereniging se terrein. Groente, vrugte, boeke, biltong, brood en vele meer. 082 491 5975 Rosendal-teater. Hier tree elke maand ’n ander kunstenaar op. Jy kan ’n driegangmaaltyd saam met die vertoning geniet. Oujaar is die Rosendal-teater die plek om te wees. 058 211 0902

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters