22 September 06:24
Kaapstad Verander Area

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 32km/h

Rainfall 0

Humidity 75%

Saterdag

19°C / 10°C

Wind 21km/h

Rainfall 0

Humidity 54%

Sondag

19°C / 10°C

Wind 26km/h

Rainfall 0

Humidity 64%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 29km/h

Rainfall 6mm

Humidity 73%

Dinsdag

14°C / 10°C

Wind 21km/h

Rainfall 5mm

Humidity 66%

Woensdag

16°C / 11°C

Wind 33km/h

Rainfall 0mm

Humidity 64%

Weg-kamp
Kamp soos ’n koning onder die sterre

Sutherland is een van die beste plekke in die wêreld om sterre te kyk... Nou kan jy saam met Weg in ’n luukse tentekamp onder die hemelruim vir die naweek kom uitspan.


Kom bly in ’n luukse tent waar ons vir alles sorg, smul aan watertand-ontbyte en -aandetes, leer saans meer oor die sterre en planete by Sterland, toer saam met Weg deur SALT en verken die omgewing bedags op staptoere of uit jou fietssaal in die besonderse deel van die land.

Wanneer?

14 & 15 Julie

16 & 17 Julie

18 & 19 Julie

20 & 21 Julie

Hoeveel kos dit?

R1 475 p.p.p.n. (wat deel)

R1850 p.p.pn. (enkel)

Kinders onder tien betaal afslag. 

Jy moet vir ten minste twee nagte betaal; inkloktyd is 2 nm. en uitkloktyd is 10 vm.

Wat sluit dit alles in?

• Blyplek in glanskampe, beddens, linnegoed en handdoeke, ensovoorts.

• Aandete en ontbyt in safari-tente

• ’n Aandtoer na die Sterland Stargazing Experience

• ’n Toer van SALT (Die Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop)

Wat moet ek saambring?

• Warm klere en stapskoene vir veldstaproetes. 

• Peuselhappies en drankies.

• Fietse – hier is enkelspoorpaadjies in die omgewing. opsionele uitstappies

Opsionele uitstappies:
• Geskiedkundige uitstappie op die dorp
• Daaglikse begeleide toer na SALT
• Veldstaproete
• Sterrekyk by Sterland

Bespreek nou!

Om plek te bespreek, kontak +27 82 575 8499 of stuur ’n e-pos na info@adventuresinafrica.co.za


Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters