22 September 06:23
Kaapstad Verander Area

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 32km/h

Rainfall 0

Humidity 75%

Saterdag

19°C / 10°C

Wind 21km/h

Rainfall 0

Humidity 54%

Sondag

19°C / 10°C

Wind 26km/h

Rainfall 0

Humidity 64%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 29km/h

Rainfall 6mm

Humidity 73%

Dinsdag

14°C / 10°C

Wind 21km/h

Rainfall 5mm

Humidity 66%

Woensdag

16°C / 11°C

Wind 33km/h

Rainfall 0mm

Humidity 64%

LESER VERTEL: My pa word 92 in die Richtersveld



Twee seuns het een van hulle pa se wense ter harte geneem en saam met hom in die  Richtersveld gekamp om sy 92ste verjaarsdag te vier. Oom Carel van Jaarsveld van George was skaars 92 jaar oud, toe vertrek die driemanskap op hulle week lange reis. Een van sy seuns, ook Carel, vertel die storie: 


“Ek en my broer, Willem, het besluit ons gaan my pa Richtersveld toe neem vir sy verjaarsdag. Op 11 Maart het ons drie om tweeuur die oggend uit George vertrek. Dit was my pa se verjaarsdag, hy is in 1925 op George gebore. 

“Ons het in my Colt Club-viertrek gereis en daar was ongelukkig nie plek vir koek nie, maar ek het seker gemaak die padkos maak op hiervoor. Ons mandjie was volgepak met frikkadelle, gebraaide hoenderboudjies, gekookte eiertoebroodjies en ’n ordentlike fles koffie.

Die driemanskap Carel (seun), oom Carel en Willem (van links) klink’n glasie vonkelwyn op oom Carel se 92ste verjaarsdag in die Springbok-woonwapark.


“Op Springbok, waar ons die aand oorgeslaap het, het ons glasies vonkelwyn geklink op sy spesiale verjaarsdag en weggelê aan heerlike lamstjops, sosaties en roosterkoek.

“Die volgende oggend het ons weer vroeg in die Colt geklim en die die pad Richtersveld toe gevat. Ons was die oggend 11 vm. by Richtersberg in die |Ai-|Ais/Richtersveld-oorgrenspark waar ons kamp opgeslaan en gebly het vir die res van die tyd. 

“Ek het elke oggend douvoordag die kampvuur aan die gang gekry, dis maar ’n gewoonte van my om so vroeg op te staan, koffie gebrou en gewag vir die son om op te kom. 

Willem het ook vroeg langs my by die vuur kom sit en só het ons rustig gewag, met koffie en beskuit in die hand, vir my pa om wakker te word. Hy is immers 92 en is volgens ons geregtig daarop om lekker laat te slaap.   

“Ontbyt is nie hoog op my pa se lys van prioriteite nie maar op dié uitstappie moes hy saam eet. Hy kla al lankal ek maak te veel kos, maar dit is my voorliefde. Ons het een oggend spek, eiers, gebraaide tamatie, uie én gebraaide sampioene gemaak!

“Die volgende oggend is die spyskaart aangepas met pizza-omelette wat stadig in botter gebraai word met salami, tamatie, kaas bo-op. 


Só het hulle langs die Oranjerivier gekamp. Die bokwagter se honde het kom kuier, die kampplek opgepas en bobbejane en ape weggehou.


“Die lekkerste tyd van die dag was die hitte en stilte ná ontbyt. Ons sou dan onder die boom sit met ons siele wat rustig raak in die natuur se stilte en landskap om ons. 

“Ons het ook nou en dan geswem, my pa nie so gereeld nie, maar ek het hom geleer hoe om sy hoed nat te maak en terug op sy kop te sit om ’n bietjie van die hitte ontslae te raak.

“Dit was ’n voorreg om dié reis saam met my pa te kon doen, iets wat min mense beskore is. Ons het ook geen teëspoed gehad nie, behalwe vir die vlieë wat gepla het. My pa sê die afstand was dalk vermoeiend, maar dit was steeds die moeite werd. Ons was nog skaars klaar afgepak toe hy al begin skimp vir ’n volgende reistog.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters