24 April 23:01
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

23°C / 14°C

Wind 12km/h

Rainfall 0

Humidity 52%

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 19km/h

Rainfall 0

Humidity 76%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 15km/h

Rainfall 0

Humidity 76%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 12km/h

Rainfall 0

Humidity 68%

Saterdag

27°C / 17°C

Wind 26km/h

Rainfall 0

Humidity 38%

Sondag

20°C / 16°C

Wind 16km/h

Rainfall 0

Humidity 81%

STAP HIER
Staproete: Die Weskus-donkiestapsafari

Jy hoef nie ’n swaar rugsak te dra om dié mooi staproete langs die Namakwalandse Weskus te beleef nie. En as die bene nie meer wil nie... gooi duim vir ’n donkiekarrit!


DEUR: Suzaan Hauman | FOTO'S: Shelley Christians


Hoe werk dit?


Die stappers kom op Garies bymekaar, vanwaar die toerleiers Wouter en Sonja Jordaan die groep na Koringkorrelbaai in die Namakwa- nasionale park vervoer. Dit is julle basis vir die staproete van vyf dae: ’n weermagtent is kombuis en elke stapper slaan sy eie tent op.

Wouter-hulle voorsien ontbyt en middagete en hulle woeker om die kosvuur: Op die eerste aand het ons snoek, patat, mossels, sop, potbrood met korrelkonfyt én slaai geëet – dis soos hotel by die see! Jy pak jou eie middagete in, wat jy in ’n dagsak dra terwyl jy stap.

Elke dag word die stappers by ’n ander beginpunt afgelaai en weer opgelaai ná die dag se stap (behalwe op dag 3, wanneer julle by die kamp klaarmaak). Twee donkiekarre ry groot dele van die roete saam en stappers wat wil, kan duimgooi en opklim. Lekker!


Hoe ver stap ons?


Dit wissel en hang af van hoe laat julle wegkom soggens (en hoe ver jy op die donkiekar wil ry!), maar op dag 2 kan jy tot 17 km stap, op dag 3 tot 15 km, op dag 4 tot 20 km en ’n opsionele 12 km op die vyfde en laaste dag. 


Waar het die staptoer ontstaan?


Wouter vertel iemand het hom gebel en gesê hulle wil die Namakwaland-blomme op ’n nuwe manier beleef. Hy het sonder om te veel daaroor te dink donkiekarre voorgestel.

“Die dag toe die man hier opdaag, was ek verstom om te sien hy is in ’n rolstoel,” onthou Wouter. “Dit was vir hom ’n belewenis om nader aan die natuur te kom as wat hy in ’n motor sou kon en dit het die saadjie by my geplant.” 

“Baie mense doen nie staptoere nie omdat hulle glo hulle kan dit nie doen nie. Die donkiekarre is amper soos ’n vangnet vir sulke mense – hulle probeer die stapding, want hulle weet die donkiekarre ís daar as hulle swaar kry. En voor jy weet, stap jy baie verder as wat jy ooit gedink het jy kan!”



WEET VOOR JY WAAI


Wat pak ek?

• Jou eie tent, matras, beddegoed en kopliggie. Die Jordaans voorsien ander kamptoerusting.
• Bring jou eie eetgerei, middagete en staphappies. (Jy kry ontbyt, aandete en vars drinkwater.)
• Bring ’n dagsak en waterbottels om mee te stap.
• As jy ’n warmwatersak inpak en mooi vra, sal Wouter dit saans vir jou vol kookwater maak. 
• Pak ’n warm ding vir wanneer jy op die donkiekar ry. Oom Dawid Fortuin (wat al 20 jaar stappers met die donkiekar aanry) breek nie spoedrekords nie, maar ry vinnig genoeg dat die windjie skraal is.
• Dis koelerig langs die kus en ’n mens kom nie agter jy brand nie. Stap met ’n langmouhemp met ’n kraag of gooi ’n sarong oor jou hoed.

Wanneer? Daar is sowat ses staptoere per jaar, met plek vir 16 tot 20 mense. Kontak Sonja vir die datums.

Waar? Julle ontmoet by die Garies Toeristestal – jy los jou voertuig daar vir die vyf dae.

Koste: R3 300 p.p., plus die bewaringstarief (volwassenes: R 37p.d.; kinders: R18 p.d), gratis as jy ’n Wild Card het. 

Kontak: Sonja Jordaan 027 712 3144; 082 494 6299; wsjtoerisme@telkomsa.net


Sonja Jordaan en haar dogter Sonel werkskaf by die kosvuur terwyl die stappers rustig kuier.

Die Spoegriviergrotte is nie net besonders om na te kyk nie – dis ook ’n geskiedkundige plek waar skaapbeendere van meer as 2000 jaar oud ontdek is.

As jy dié stuk van die Weskus te voet of van ’n donkiekar af beskou, met leë strande wat voor én agter jou uitstrek, kry jy ’n nuwe begrip vir die woord “ongerep”.

Dawid Fotuin en sy fotogeniese donkies is kort ná ons staptoer al die pad Noordoewer toe om in ’n internasionale fliek te verskyn.


Op dié roete sit jy elke aand aan vir ’n feesmaal.

Die kus bied kilometers se dinktyd.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters