22 September 06:17
Kaapstad Verander Area

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 32km/h

Rainfall 0

Humidity 75%

Saterdag

19°C / 10°C

Wind 21km/h

Rainfall 0

Humidity 54%

Sondag

19°C / 10°C

Wind 26km/h

Rainfall 0

Humidity 64%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 29km/h

Rainfall 6mm

Humidity 73%

Dinsdag

14°C / 10°C

Wind 21km/h

Rainfall 5mm

Humidity 66%

Woensdag

16°C / 11°C

Wind 33km/h

Rainfall 0mm

Humidity 64%

KUIERKOS
Eierburger


Vir 4 | Voorbereityd 15 minute | Gaarmaaktyd 10 minute

Beleef ’n wonderlike ding: Bros kaas op brood, sappige maalvleis en ’n romerige, loperige eier! Om tyd te spaar kan jy die maalvleis van vark- of boerewors gebruik om die burgers mee te maak.

Jy benodig

• 600 g maalvleis (’n mengsel van vark- en beesmaalvleis)
• ½ Granny Smith-appel of 1 wortel, fyngerasper
• 2 knoffelhuisies, fyngerasper
• 1 eetlepel Dijon-mosterd
• 1 teelepel koljander, gemaal
• ½ teelepel komyn, gemaal
• sout na smaak
• gemaalde swartpeper na smaak
• 4 eiers

OM VOOR TE SIT

• 4 broodrolletjies
• botter
• ½ koppie pecorino- of beleë cheddarkaas, fyngerasper
• kimchi (gefermenteerde Chinese kool), beetblatjang, of ’n ander sous van jou keuse
• ’n hand vol roketblare of mikrokruie

Só maak jy

1. Meng al die bestanddele vir die burger – behalwe die eier – goed saam. Verdeel die vleis vir vier patties en gebruik ’n skeutglasie om ’n gat in die middel van elke burger uit te druk. Maak ’n ekstra pattie met die vleis wat jy uitdruk. Laat rus die patties in die yskas.

2. Verhit ’n wye, swaar ysterpan tot matig warm en botter solank die rolletjies. Sprinkel 2 eetlepels kaas direk in die warm pan – maak seker die kaas lê in ’n sirkel so groot soos die plat kant van ’n deurgesnyde broodrolletjie. Druk nou ’n rolletjie (botterkant na onder) liggies daarop vas. Braai die rolletjiehelftes totdat die kaaslagie goudbruin en bros is. Doen dit met al die rolletjiehelftes, hou hulle dan eenkant, vee die pan met kombuispapier uit en verhit dit weer.

3. Braai die patties vir sowat drie minute in ’n warm pan totdat die onderkant goudbruin is, draai om en braai aan die ander kant. Breek ’n eier versigtig in die gaatjie van elke pattie en sit die pan se deksel op. Die wit van die eier moet gestol wees, maar die geel sag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters