20 Januarie 01:29
Kaapstad Verander Area

Vrydag

20°C / 17°C

Wind 27km/h

Rainfall 0

Humidity 64%

Saterdag

23°C / 16°C

Wind 33km/h

Rainfall 0

Humidity 55%

Sondag

24°C / 18°C

Wind 30km/h

Rainfall 0

Humidity 64%

Maandag

24°C / 19°C

Wind 34km/h

Rainfall 0

Humidity 69%

Dinsdag

21°C / 19°C

Wind 42km/h

Rainfall 0

Humidity 71%

Woensdag

25°C / 18°C

Wind 33km/h

Rainfall 0

Humidity 61%

Kuierkos
Gebakte feta en wors

Nie lus vir te veel skottelgoed nie? Jy maak hierdie lekker gereg sommer in een oondpan.


Vir 4 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 30 minute


Wanneer jy feta só bak, raak dit sag en die gekaramelliseerde uie en soetrissie daarmee saam vorm ’n sous wat jy op brood kan smeer. Dan kort jy nog net ’n worsie!

Jy benodig

  • 8 vark- of hoenderworsies
  • 2 rooiuie, geskil en in die lengte in 8 wiggies gesny
  • 3 soetrissies, pitjies uitgeskraap en in kwarte gesny
  • olyfolie
  • ’n paar takkies vars kruie
  • ½ koppie tamatiesmoor
  • 2 wiele fetakaas
  • ’n hand vol olywe
  • suurdeegbrood


Só maak jy


1. Voorverhit die oond tot 210 ºC. Pak die wors, uie en soetrissie in ’n oondpan, sprinkel olyfolie oor en bak dit vir sowat 15 minute in die oond. Draai die groente en worsies halfpad om.

2. Sodra die uie sag raak en karamelliseer, kan jy die bak uit die oond haal, die kruie en tamatiesmoor byvoeg en deurmeng.

3. Pak nou die twee wiele feta in die pan, sprinkel die olywe bo-oor en bak dit vir nog 15 minute teen 180 °C.

4. Skep van die sous op snye warm brood en eet dit saam met die wors.



Wenk

Maak dubbel die hoeveelheid en gebruik die res as ’n pastasous.




Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters