24 April 23:05
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

23°C / 14°C

Wind 12km/h

Rainfall 0

Humidity 52%

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 19km/h

Rainfall 0

Humidity 76%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 15km/h

Rainfall 0

Humidity 76%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 12km/h

Rainfall 0

Humidity 68%

Saterdag

27°C / 17°C

Wind 26km/h

Rainfall 0

Humidity 38%

Sondag

20°C / 16°C

Wind 16km/h

Rainfall 0

Humidity 81%

KUIERKOS
Hoender-en-rooilensie-pot

Vir 4 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 30 minute

Hierdie maklike hoendergereg gee jou al die geur en smaak van ’n propperse bredie, sonder die lang wag. Dis ’n smaaklike middel-van-die-week-aandete of maklike kampkos.

Jy benodig

• 2 eetlepels olyfolie
• 8 hoenderboudjies (met die vel aan)
• 2 uie, fyngekap
• ½ koppie rooilensies
• 1 blikkie (400 g) gekapte tamaties
• 1 blokkie hoenderaftreksel
• ½ koppie warm water
• 1 suurlemoen
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 4 eetlepels koljander of basilieblare, fyngekap

Só maak jy

1. Verhit die olie in ’n platboompot en verbruin die hoenderstukke vinnig daarin. Skep dit uit en hou eenkant.

2. Braai die uie vir 5 minute in die pot. Voeg dan die lensies, tamatie, hoenderaftreksel en water by en skep die boudjies terug in die pot. 

3. Bring die vloeistof tot kookpunt en verlaag dan dadelik die hitte sodat die pot stadig oor ’n baie lae hitte prut. Sit die deksel op en laat hom 30 minute net so saggies aangaan. Indien nodig, kan jy nog ’n tikseltjie water byvoeg.

4. Toets of die hoenderboudjies deurgaar is voor jy die suurlemoen se skil by die pot inrasper en ook die sap daaroor uitdruk. Sprinkel die knoffel en gekapte kruie oor en sit dit dadelik voor met brood.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters