25 Julie 16:37
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 16km/h

Rainfall 0

Humidity 60%

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 16km/h

Rainfall 0

Humidity 57%

Vrydag

21°C / 12°C

Wind 30km/h

Rainfall 0

Humidity 49%

Saterdag

17°C / 13°C

Wind 31km/h

Rainfall 1mm

Humidity 66%

Sondag

19°C / 12°C

Wind 15km/h

Rainfall 0

Humidity 59%

Maandag

19°C / 12°C

Wind 9km/h

Rainfall 0

Humidity 59%

KUIERKOS
Knoffel-en-uipiekel

Vir 1x 250 ml-fles

Voorbereityd 10 minute

Gaarmaaktyd 20 minute


Jou braaibroodjies betree ’n ander (beter) dimensie wanneer jy die gewone uieringetjies daarop met gepiekeldes vervang. Die piekeluie dollie ook ’n slaai op en is heerlik op burgers of worsrolletjies.


Jy benodig
 
• 3 rooiuie
• 10 knoffelhuisies
• 1 koppie rooiwynasyn
• 1 koppie bruinsuiker
• 1 kaneelstokkie
• 4 wonderpeperkorrels
• 1 steranys
• 2 lourierblare
• 4 swartpeperkorrels


Só maak jy


1. Halveer die uie en sny dit in dun ringe. Skil die knoffel af en halveer elke huisie. 

2. Plaas die knoffel, rooiwynasyn, suiker en speserye in ’n pot, verhit en hou aan roer totdat die suiker opgelos het. Bring dit dan tot kookpunt.

3. Roer die uie deur die kokende mengsel, bring dit weer tot kookpunt en laat dit daarna vir sowat 5 minute prut. Proe ’n stukkie ui – die rou, skerp smaak moet weggekook, maar die tekstuur moet steeds ferm wees.

4. Skep die uie met ’n kombuistang oor in ’n gesteriliseerde fles. Laat die vloeistof in die pot vinnig prut totdat dit byna met die helfte verminder het. Skink die vloeistof nou bo-oor die uie, verseël die fles en laat dit vir ’n jaar verouder. (Wees geduldig!)


WENK: Jy kan hierdie piekel se soetsuur-balans aanpas deur die knoffel en steranys heeltemal weg te laat as dit nie na jou smaak is nie. Dis ’n wonderlike geskenk om in jou spens te hê – piekel volgende keer sommer 1 kg uie in 1 kg asyn en deel die flesse onder jou vriende uit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters