22 September 06:25
Kaapstad Verander Area

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 32km/h

Rainfall 0

Humidity 75%

Saterdag

19°C / 10°C

Wind 21km/h

Rainfall 0

Humidity 54%

Sondag

19°C / 10°C

Wind 26km/h

Rainfall 0

Humidity 64%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 29km/h

Rainfall 6mm

Humidity 73%

Dinsdag

14°C / 10°C

Wind 21km/h

Rainfall 5mm

Humidity 66%

Woensdag

16°C / 11°C

Wind 33km/h

Rainfall 0mm

Humidity 64%

KUIERKOS
Mosterdpiekel

Vir 2 liter

Voorbereityd 20 minute plus oornag staantyd

Gaarmaaktyd 10 minute


Dit moet verkieslik vir 6 weke gebêre word voordat jy dit eet, maar ek kan nooit so lank wag nie! Ek roer van die piekel deur ’n tradisionele aartappelslaai in plaas van agurkies. Jy kan 8 koppies van enige groente gebruik, solank dit in min of meer dieselfde grootte gesny is.


Jy benodig 

• 3 koppies blomkoolblommetjies
• 3 koppies murgpampoentjie, gekap
• 1 koppie seldery, gekap
• 1 koppie ui, gekap
• 100 g sout
• 1 l witwynasyn
• 1 koppie suiker
• 1 lourierblaar
• 1 eetlepel mosterdsaad
• 10 swartpeperkorrels
• 2 teelepels koljandersade
• 2 teelepels komynsade
• 1 eetlepel Engelse mosterd
• olyfolie


Só maak jy

1. Sny die groentes almal in ewe groot stukkies. Meng die sout goed deur en skep dit dan oor in ’n vergiettes wat jy met ’n kombuisvadoek bedek en oornag in ’n koel plek laat staan. 

2. Verhit die asyn, suiker en al die speserye saam en hou aan roer totdat die suiker opgelos het. Bring dit dan tot by kookpunt en laat dit vir sowat 5 minute prut.

3. Spoel die groente met yswater af. Verhit die gesteriliseerde flesse en deksels. Skep die groente in die warm flesse en skink die warm asynmengsel bo-oor. Skink ’n paar lepels olyfolie bo-oor elk om die groente te seël. 

4. Vee die boonste rand van die flesse mooi skoon met ’n asynlappie en verseël dit met die deksels. Laat die piekel ’n maand lank staan voor jy dit gebruik. Dit raak net al hoe beter en sal verseël tot ’n jaar lank op die spensrak hou. Sodra dit oopgemaak is, moet dit in die yskas kom. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters