29 Mei 00:11
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Rainfall 0

Humidity 56%

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 8km/h

Rainfall 0

Humidity 48%

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 12km/h

Rainfall 0

Humidity 64%

Donderdag

18°C / 14°C

Wind 19km/h

Rainfall 0

Humidity 73%

Vrydag

19°C / 13°C

Wind 14km/h

Rainfall 0

Humidity 66%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 29km/h

Rainfall 0

Humidity 77%

Sleepsel
Dis die Ford, dis die blou…


’n Ford Transit het onder die hande van Shaun en Margie Lloyd deurgeloop – en nou spog hulle met ’n eie ryhuis.


“Ek het kort na die draai van die eeu die Ford vir R18 000 gekoop om vir my ’n ryhuis te bou; die kar was halfpad omskep, maar was toe maroen. Ek is nie seker van die model nie, maar dit moet iets uit die jare sestig wees. Die Ford Transit het uitgekom met ’n V4 2.0l-enjin, maar die een het ’n Ford 302 V8-ombouing ingehad. Die wielgrootte is nog die standaard 15”, maar het 225mm-bande agter en 185mm’s voor.

“Die bekleedsel aan die kante was reeds gedoen, en so ook die twee bankies agter. Ek het self ’n kas tussen die twee bankies ingebou, en nou is dit ons bed. Aanvanklik het ek ’n gasstoof en -yskas gehad, maar ek het dit uitgehaal en met elektriese toebehore vervang.

“Langs die sydeur is ’n opslaandakkie wat ek by ’n kampwinkel gekoop het; dit ryg in op die kant van die dak soos ’n stoeptent aan ’n gewone woonwa. Omdat dit net drie spanpale het, slaan jy dit vinnig op.

“Ek diens die enjin self. Die enjin gee ’n skaflike brandstofverbruik van 10 l/100km en dan ry ek so 110-120 km/h. Maar ons gebruik die kar net om te kamp; andersins parkeer ek hom in die motorhuis.

“Die blou van die bakwerk het niks te doen met die Blou Bulle nie, ek ondersteun die Sharks. Maar blou is ’n mooi kleur. Om die waarheid te se, alles in my lewe is blou. My huis is blou en ons bly in Bloustraat.

“Ek dink egter daaraan om hom te verkoop. Ek het ’n plek in Deneysville langs die Vaaldam en het vir my ’n boot gekoop. Die Ford, met sy agterwielaandrywing, trap so nie lekker vas in die sand as ek die boot in en uit die water moet kry nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters