24 April 22:58
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

23°C / 14°C

Wind 12km/h

Rainfall 0

Humidity 52%

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 19km/h

Rainfall 0

Humidity 76%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 15km/h

Rainfall 0

Humidity 76%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 12km/h

Rainfall 0

Humidity 68%

Saterdag

27°C / 17°C

Wind 26km/h

Rainfall 0

Humidity 38%

Sondag

20°C / 16°C

Wind 16km/h

Rainfall 0

Humidity 81%

Sleepsels
’n Fleetline vir die grondpad

"Ek was in die mark vir ’n boswoonwa, maar ná ’n gesprek met my oom het ek besluit ek gaan my eie een bou. Ons hou daarvan om wyd te reis en skrik nie om in ons buurlande te gaan kamp nie," vertel Jan van Vuuren van Hartbeespoort

"Toe ek dus ’n ruk terug met die gedagte speel om vir my ’n boswa te koop, het ’n oom van my, Johan du Toit, met die idee gekom om eerder ’n ou Fleetline te vat en dié in ’n boswoonwa te omskep.

"My oom was van mening die Fleetlines wat in die vroeë jare tagtig uitgekom het, is die enigste woonwaens met ’n struktuur wat opgewasse is vir van die plekke in Namibië en Botswana. Boonop is dié waens ongelooflik lig en ’n plesier om te sleep.

"Ek het vir my ’n 1983-model Fleetline 6 in die hande gekry en aan die werk gespring. Ek het die onderstel reg rondom met tweeduimpyp versterk en ook sy veringstelsel ’n bietjie opgedollie om hom meer geskik te maak vir grondpaaie. Wat ek basies gedoen het, is om twee ekstra vere by die veringstelsel in te bou. Dit alleen het die onderstel met tussen 120 mm en 150 mm gelig. Daarna het ek ook 14 duim-vellings aangebring, wat beteken die wa staan nou lekker hoog en skrik nie as hy van die teerpad afklim nie.



"Daarna het ek ’n gasgeiser in ’n regop staalkas aan die linkerkant van die A-raam ingesit en twee 40 l-plastiektenks onder die wa vasgebout. Ek het ’n mengkraan vir die wasbak binne geïnstalleer en ook vir my ’n stortkop aan die linkeragterkant van die wa geprakseer. Alles is aan die geiser gekoppel, en met die druk van ’n knoppie het jy warm water.

"Ek het twee jerrykanne agter op die wa vasgemaak met passtukke – vir wanneer ek ekstra brandstof moet saamry – en voor het ek passtukke vir twee gasbottels en ’n plat staalkas wat nou as neuskas dien. Ek het die hoekstutte vervang met stutte soos dié wat jy op boswaens kry.

"Toe ons wa klaar was, het ons in die Noord-Kaap by Springbok en by Mabalingwe naby Bela-Bela met hom gaan kamp. En die mense het ons omtrent lastig geval. Trouens, by Mabalingwe was daar ’n ou wat die wa op die plek by my wou koop. Hy het gevra ek moet my goed uitlaai, sy geld vat en hom toelaat om met die wa weg te ry.

"Hier het ek ’n geleentheid gesien en besluit om my nou voltyds op die ombou van waens toe te spits. Ek het reeds ses van hulle verkoop – waarvan een in Botswana.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters