20 Januarie 01:27
Kaapstad Verander Area

Vrydag

20°C / 17°C

Wind 27km/h

Rainfall 0

Humidity 64%

Saterdag

23°C / 16°C

Wind 33km/h

Rainfall 0

Humidity 55%

Sondag

24°C / 18°C

Wind 30km/h

Rainfall 0

Humidity 64%

Maandag

24°C / 19°C

Wind 34km/h

Rainfall 0

Humidity 69%

Dinsdag

21°C / 19°C

Wind 42km/h

Rainfall 0

Humidity 71%

Woensdag

25°C / 18°C

Wind 33km/h

Rainfall 0

Humidity 61%

By die plaasstal se deur staan kratte vol lemoene, naartjies, pomelo’s en suurlemoene. Vanaf Mei tot September sal jy ook avokado’s en pekanneute hier kry. Die eetkamer is heerlik koel, maar dis buite op die stoep met sy rietdak waar jy die lekkerste kuier.

Hier’s nie veel aftrekplekke op die R56 tussen Elliot en Indwe nie. Die Langhurst Pub & Grill is – soos sy naam aandui – nie ’n plek vir tierlantyntjies nie, maar ’n honger maag sal hier gestil word.

As jy weer in die Kirkwood-omgewing is, trek af en loer in by die Mayogipadstal- en-restaurant, sowat 18 km buite dié Oos-Kaapse sitrusdorp.

Op pad na Ceres se Matroosberge of die Tankwa-Karoo- nasionale park móét jy stilhou by Die Tolhuis, ’n geskiedkundige eetplek langs Mitchellspas. Dit is gebou kort nadat die pas deur Thomas Bain in 1848 voltooi is.

Die Alzu Petroport op die N4 is ’n salige plek. Hier is netjiese en veilige parkering en natuurlik brandstof. Hier’s ’n Mugg & Bean vir daardie vinnige koppie koffie en ’n Spur vir wanneer jy nie te haastig is nie.

Laai Meer