20 Januarie 01:29
Kaapstad Verander Area

Vrydag

20°C / 17°C

Wind 27km/h

Rainfall 0

Humidity 64%

Saterdag

23°C / 16°C

Wind 33km/h

Rainfall 0

Humidity 55%

Sondag

24°C / 18°C

Wind 30km/h

Rainfall 0

Humidity 64%

Maandag

24°C / 19°C

Wind 34km/h

Rainfall 0

Humidity 69%

Dinsdag

21°C / 19°C

Wind 42km/h

Rainfall 0

Humidity 71%

Woensdag

25°C / 18°C

Wind 33km/h

Rainfall 0

Humidity 61%

Kies sommer dié naweek koers Boland toe en gaan pak af by ’n nuwe kampterrein tussen Robertson en Bonnievale.

Die Addo-olifantpark is 100 km van Port Elizabeth af en die grootste deel van die park strek diep die binneland in. Nader aan die middel lê ’n deel van sowat 30 km oor ruigtes uitgestrek, tot amper teen die kus. Dis in dié deel waar jy die olifante kan kom kyk.

Rotspoele, stilte en geen selfoonsein... As jy smag na só ’n wegbreeknaweek dan is Beaverlac net die plek.

Die kusdorpie Pennington lê 8 km verder suid van Park Rynie, en hier by die Happy Wanderers-kampterrein is alles wat jy in ’n see-oord soek. Die oord bestaan al sedert die jare sestig en is volgens die oordbestuur die laaste klompie jare geheel en al opgeknap.

Caravan Cove is ook in Park Rynie, en dié kampterrein se meer as 170 staanplekke is basies in vier terrasse uitgelê. Dit is, net soos Rocky Bay, ’n groot gesinsoord, maar die verskil is hier kamp jy nie rég teen die see nie – tussen jou en die strand loop ’n treinspoor.

Die Komdomo-kampterrein lê by die ingang na die Grootrivierpoort en is die oostelike ingang na die Baviaanskloof-bewaringsgebied. Dit val onder die Oos-Kaapse Parkeraad en is ’n groot kampplek op die oostelike oewer van die Grootrivier.

Laai Meer