20 Januarie 01:29
Kaapstad Verander Area

Vrydag

20°C / 17°C

Wind 27km/h

Rainfall 0

Humidity 64%

Saterdag

23°C / 16°C

Wind 33km/h

Rainfall 0

Humidity 55%

Sondag

24°C / 18°C

Wind 30km/h

Rainfall 0

Humidity 64%

Maandag

24°C / 19°C

Wind 34km/h

Rainfall 0

Humidity 69%

Dinsdag

21°C / 19°C

Wind 42km/h

Rainfall 0

Humidity 71%

Woensdag

25°C / 18°C

Wind 33km/h

Rainfall 0

Humidity 61%

SLEEPSEKER
Kry WegSleep-versekering

Het jy al jou woon- of boswa iewers anderkant Hartenbos verloor, of bedremmeld met ’n pap band op pad na Harties gesit? Laat WegSleep jou help om snags rustiger te slaap.

WegSleep het die afgelope jare al verskeie innovasies in die woonwa- en kampeerwêreld bekend gestel, en nou het ons nog ’n produk wat vir ons lesers waardevol kan wees: sleepversekering!

Met die versekeringsproduk WegSleep Sleepseker het ons ’n spesiale tarief vir lesers beding. Die versekering dek woonwaens, boswaens en ryhuise. 


Daar is twee pakkette:


SleepSeker Prestige
• SleepSeker-dekking
• SleepSeker-inhoud (van R30 000)
• SleepWeg-padhulp


SleepSeker Ekono
• SleepSeker-dekking
• SleepWeg-padhulp


Die voordele behels

Sleepdekking: Die rytuig het omvattende versekering, wat ongelukke, kwaadwillige skade, stormskade, diefstal, kaping én brand dek.

SleepSeker-inhoud: Dekking vir besittings ter waarde van R30 000 in totaal word by die Prestige-pakket ingesluit. Jy het die opsie om teen ’n ekstra premie jou inhoud tot R45 000 en R60 000 te verseker. Dit sluit in: beddegoed, kombuisware, klere, elektriese toestelle, woonwa- en tentbykomstighede en -toerusting, sowel as tente (koepeltente, gewone tente en sonafdakke).

SleepWeg-padhulp: Dit sluit in die wegsleep van die sleepvoertuig en sleepding in padnoodgevalle.


Plus: 
– Bystand langs die pad: Hulp met pap bande, sleutels wat in die ontspanningsvoertuig  toegesluit word, as jy sonder brandstof gaan staan, ongelukke, ens.
– Die terugbring van rygoed uit buurlande: Dit sluit in Namibië, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek, Lesotho, Swaziland, Malawi en Zambië en dek noodgevalle (soos ongelukke).
– Mediese ontruimings: Algemene raad en ’n bystandlyn plus mediese nooddienste.


Hoekom by ons verseker?

WegSleep het ’n vennootskap met CaraSure gesluit, ’n maatskappy wat spesialiseer in die versekering van sleepgoed en ontspanningsvoertuie in Suid-Afrika. 

Die SleepSeker Prestige- sowel as Ekonopakket sluit krediettekort-opsies in. Hierdie ekstra dekking maak voorsiening vir die uitstaande bedrag plus rente wanneer daar ’n algehele verlies van die voertuig is.

Omdat ons ’n vennootskap met CaraSure gesluit het, weet ons dat ons met spesialiste in die versekeringsbedryf werk wat ook die behoeftes van kampeerders verstaan.


Klik hier vir die aansoekvorm


Klik hier vir die eisvorm


Laai die vorm af, vul dit in en epos dit dan na wegsleep@carasure.com


Die polis word onderskryf deur Natsure (Edms.) Bpk. (FDV 4578) en die GuardriskversekeringsmaatskappyBeperk (FDV 75), albei goedgekeurde finansiëlediensteverskaffers



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters